OOR ONS

jou vermaak is ons passie

As  rolspelers in die musiekbedryf, is ons jou nommer een keuse vir vermaak

Geen uitdaging is te klein óf te groot vir ons bekwame span nie. Met van die land se grootste kunstenaars as deel van ons span bied ons jou die beste.


As uitbreiding van Coleske Artists, een van die land se top platemaatskappye, kan jy verseker wees dat gehalte, ononderhandelbaar is.

Waarom Coleske Artist Management gebruik?

25 Jaar Ondervinding

Beste Fooie

Effektiwiteit

Betroubaarheid

Eksklusiewe Inhoud

Eksklusiewe Pakkette

Korporatief & Feeste

Persoonlike Verhoudings

Coleske Group

By Coleske Group word kunstenaars nie net ontwikkel nie, maar ook bemagtig om die vermaaklikheidsbedryf te verstaan ​​en onafhanklik te word.



Coleske Artists het hul deure in 1996 geopen. Sedertdien het hulle reeds suksesvolle kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Corlea en vele meer op hul boeke. Benewens die suksesvolle kunstenaars, is dié maatskappy ook verantwoordelik vir Suid-Afrika se wêreldklas-produksies, Afrikaans is Groot en die meer onlangse, Classics is Groot.

MEER OOR ONS

COLESKE  NOU DEEL VAN

WARNER MUSIEK

Coleske-groep word deel van die internasionale platemaatskappy en vermaaklikheids-konglomeraat, Warner Musiek se familie.

 

Johannesburg, September 16th 2021 – Dié gesogde onafhanklike platemaatskappy in Suid-Afrika, onder leiding van Arnold Coleske en sy sake-vennote Brendon Hargroves en Paulo Azavedo, word deur die groter Warner Music Group uitgekoop, maar sal steeds as ’n enkel-onderneming na afloop van die oorname bestuur word.

 

Warner en Coleske se sake-ooreenkoms is die jongste van vele mylpale vir Warner Music se uitbreiding in Afrika sedert hul in 2013 hul Suid-Afrikaanse afiliaat geopen het. Ander ooreenkomste sluit in: Chocolate City van Nigerië in 2019, die venootskap met Ziiki Media en Africori-beleggings in 2020, asook hul ooreenkoms met Diamond Platnumz se WCB-Wasafi platemaatskappy vroeër vanjaar.

 

Coleske Groep het ’n beduidende mark-aandeel in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en fokus meestal op Afrikaanse pop-musiek en kunstenaars, wat ondermeer groot name soos Appel, Bobby van Jaarsveld, Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Elvis Blue, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riaan Benade, Riana Nel en Ruhan du Toit verteenwoordig.  Nog ’n rolspeler sluit Select Musiek in, wat deur Sony Music Entertainment besit word.

 

“As oud-kunstenaar en platebaas, het ek die musiekbedryf van albei kante af leer ken en ervaar,” sê Arnold Coleske. “Ons het ‘n ongelooflike maatskappy gebou en hierdie investering deur Warner Music beteken vir ons groep nuwe hoogtes. Ons kunstenaars sal geweldig baat vind by Warner Music se wêreldwye netwerk, terwyl hulle steeds dieselfde ondersteuning en aandag sal ontvang van die Coleske-span wat hul nog altyd geniet het.”


Heelwat van hierdie kunstenaars sing ook graag Country musiek, ’n musiek genre wat al vir baie jare lank gewild is onder Suid-Afrikaners. Deur by Warner Music Group se wêreldwye netwerk in te skakel beteken dit groter toegang tot internasionale geleenthede en hopelik selfs samewerkings met kunstenaars en skrywers van ander lande, insluitende kunstenaars van Warner Music Nashville.


Coleske het ook ’n reuse mark-aandeel wanneer dit kom by konserte en vermaaklikheids-geleenthede wat in SA aangebied word, met die gewilde Afrikaans is Groot-konsert as die vlagskip-produksie. Hierdie konsert is die grootste musiek-gebeurtenis in Suid-Afrika en die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld. Die bekwame kundigheid van die Coleske-span sal ook aangewend word tot voordeel van Warner Music se plaaslike en internasionale kunstenaars, wanneer hulle konserte in Suid-Afrika hervat.

 

’n Ander groot aanwins, is die treffer tv-realiteitsreeks, Die Kontrak, wat daarop gemik is om nuwe talent te ontgin. Vele rolspelers by Coleske, asook van die kunstenaars wat deel is van die groep, dien as mentors en beoordelaars op hierdie program. ‘n Engelse weergawe is ook reeds in ontwikkeling en Warner Music beplan tans om die Engelse formaat uit te brei na ander ontluikende markte in Afrika.

 

“Hierdie is ‘n opwindende vennootskap wat ons teenwoordigheid in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en die ontwikkeling daarvan, verseker. Dit bied ook fantastiese ondersteuning vir Coleske se kunstenaars wêreldwyd.” sê Alfonso Perez-Soto, President van Warner Recorded Music se Ontluikende Markte. “Nie net is ons besig om ons mededingers in te haal, wat reeds jare lank aktief in hierdie mark is nie, maar ons wen hiermee die resies. Ons gaan ook Coleske se kundigheid rondom konserte en produksies inspan tot voordeel van al ons kunstenaars in Suid-Afrika, hetsy plaaslik of internasionaal. Dit sal verseker dat al ons kunstenaars se waarde proposisie beduidende voordeel sal geniet.”


Share by: