Demi Lee Moore

DEMI LEE MOORE

Sangeres

BESPREEK DEMI LEE MOORE

Nadat sy in 2018, die harte van miljoene Afrikaners gesteel het tydens haar deelname aan die eerste seisoen van Die Kontrak, het Demi Lee Moore as die wenner van dié gewilde realiteitsprogram weggestap. Met die afloop van die kompetisie het Moore haar debuutalbum, Mis Eet Slaap Herhaal, vrygestel en dit het as geen verassing vir die publiek gekom dat dit binne tien dae na die uitreiking daarvan goue status behaal het nie, en in dieselfde asem wen sy vyf Ghoemas vir die einste album.


Demi was ook ’n mentor op die derde seisoen van die Die Kontrak, dieselfde program wat sy bykans vyf jaar gelede gewen het. Dis vir Demi ’n groot klop op die skouer om te kan sê dat haar protégé, Chris Steyn (Plakkies) as die wenner aangekondig is en onder haar mentorskap besig is om groot opslae in die bedryf te maak.


Met alombekende weergawes van “Neon Moon,” “Amanda,” “Lei My Na Die Water” en drie albums op haar kerfstok, het dié Country-sangeres ook ondermeer in 2023 ongelooflike sukses behaal met musiek vanuit haar eie pen. Moore se nuutste enkelsnit, Hart Breek, het binne een dag die nommer een posisie op die Apple Music Afrikaanse ranglys ingeneem en is skaars ’n maand oud gewees toe dit meer as 2 miljoen kyke op YouTube verower het.


Demi sien uit na die uitreiking van haar splinternuwe kortspeelplaat en om nog verder die land plat te toer met haar musiek, met Barthlo, die liefde van haar lewe, aan haar sy.


  • Wenner van Die Kontrak, Seisoen Een
  • 2018 Afrikaans is Groot optrede - “Mis Eet Slaap Herhaal” 
  • “There was Jesus” my duet met Riaan Benade
  • Eerste Suid - Afrikaanse kunstenaar te wees wat by die Amsterdam Teater kunstenaar opgetree het
  • Elke jaar se optrede by Afrikaans Is Groot
  • Neon Moon bereik Diamant Status (AIG Toekennings 2024)
  • Country (album) bereik Platinum Status (AIG Toekennings 2024)
  • Hart Breek bereik Platinum Status (AIG Toekennings 2024)
  • Optrede by Cape Town Country 2024
  • Om elke jaar by die grootste fees, Innibos, voor 40 000 tot 50 000 mense op te tree

Aitsa toekennings


  • 2019 - Pop Album van die Jaar - Mis Eet Slaap Herhaal
  • 2019 - Album van die Jaar - Mis Eet Slaap Herhaal
  • 2022 - Afrikaanse Kunstenaar van die Jaar
  • 2024 - Musiekvideo van die jaar - Hart Breek
  • 2024 - Pop liedjie van die Jaar - Hart Breek
  • 2024 - Meeste stromings deur 'n vroulike kunstenaar - Hart Breek

Ghoemas 2019


  • Musiekvideo Van die Jaar - Mis Eet Slaap Herhaal
  • ⁠Beste Komposisie - Mis Eet Slaap Herhaal
  • ⁠Beste Pop Album - Mis Eet Slaap Herhaal
  • ⁠Beste Liedjie van die Jaar - Mis Eet Slaap Herhaal
  • ⁠Top Verkoper - Mis Eet Slaap Herhaal

KONSERTE

Write a description for this tab and include information that will interest site visitors. For example if you are using tabs to show different services write about what makes this service unique. If you are using tabs to display restaurant items write about what makes a specific dish particularly worthwhile or delicious.

Item Link
BESPREEK DEMI LEE MOORE
Share by: