Dodo Nyoka

DODO NYOKA

Sanger

BESPREEK DODO NYOKA

Die naaswenner van Die Kontrak se tweede seisoen, Dodo Nyoka, het die Afrikaanse musiekbedryf op hol gejaag met die afloop van dié kompetisie, sy Afrikaans is Groot debuut en die vrystelling van sy debuutalbum Foto’s, waarvan die titelsnit al meer as 13.5 miljoen strome tot op hede het.


Nyoka is gebore in die DRC, aan die grens van Rwanda. Hy het grootgeword in die Oos-Kaap en deesdae is Benoni sy tuisdorp. Mense wat met Dodo te doen kry, sal verbaas wees om te leer dat hy op skool gehakkel het. Dis waar hy tot sang en redenaars as kommunikasie hulpmiddel gedraai het. In 2019 is hy as nasionale wenner van die ATKV-redenaarskompetisie aangekondig en begin hy om motiveringsessies met skoliere regoor die land te hou om geld in te samel vir renosterbewaring. Soveel só, dat dit hom erkenning van die Britse koninklike familie opgelewer het. Na skool kry hy ’n beurs by TUKS om siviele ingenieurswese te gaan studeer, maar COVID-19 verander toe sy koers en begin hy 'n loopbaan in musiek najaag. Dis toé dat Die Kontrak oor sy pad gekom het en sy lewe kom verander het.


Alhoewel Nyoka se moedertale Xhosa en Frans is, is sy liefde vir Afrikaans diepgewortel. Hy het sy biologiese familie en ook ’n Afrikaanse familie. Hy is trots op beide en dankbaar vir wat hulle vir hom gedoen en geleer het. En met verdere suksesvolle treffers soos “Jy is my huis,” “Country girl van Bloem,” en "Frikkie Vir ’n Rukkie,” het hy nie net sy 'n stem gevind wat sing nie, maar stories vertel, raakvat, en verenig. En nog vir lank sal.


  • Die toekenning vir Renosterbewaring van die Britse koninklike familie
  • Om 5 jaar deel van Nasionale Landsdiens regoor Suid-Afrika te wees
  • ATKV Redenaars Nasionale wenner (2019) asook naaswenner (2018)
  • My eerste show: Hermanus Festival
  • Afri-Indie Independent Artists Awards 2022 – Best Newcomer Song
  • Algehele tweedeplek in Die Kontrak Seisoen Twee (2022)
  • Eerste Afrikaans is Groot optrede (2022)
  • AITSA-toekennings: Nuweling van die Jaar en Mees Gestroomde Manlike Kunstenaar (2023)

BESPREEK DODO NYOKA
Share by: