Jay

Jay

Sanger

BESPREEK JAY

Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik aan die gang kry. Dis al veertien jaar sedert hy sy solo-album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in 2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir verkope.


Ná Eden het Jay op sy eie pad vertrek. En sedertdien eggo Jay se rekordsukses in elke projek wat hy aanpak, of dit nou die indrukwekkende versameling duette saam met Lianie May is, of sy eie materiaal.


Jay spog ook met buitengewone, uitsonderlike internetsukses en sy nuutste partytjietreffer, Stoutgat het net soos al sy voriges, die ligte uitgeskiet. Lê Bietjie Langer staan bykans op 17 miljoen strome en sy duet met Riaan Benade, Rowwe Bliksem, 'n allemintige 29 miljoen strome.


Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo-toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum albums agter sy naam, hou Jay duidelik van goeie geselskap. Beide sy solo-album en Bonnie en Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, Jay het sy naam verleen aan platinum en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Die koning van Afrikaans, is hier om te bly.


  • Oud-lid van die Kannaries- sanggroep
  • Hoofrol in die musiekblyspel Rocky Horror Picture Show 
  • Hoofrol as Aladdin in Janice Honeyman se Pantomime (tweemaal)
  • Een van die hoofrolle, Platteland die film
  • 16 jaar van Eden
  • Afrikaans is Groot (11 jaar deelname)
  • Theuns Tribute vertoning 

BESPREEK JAY
Share by: