Lisie Basson

Lisie Basson

Sangeres

BESPREEK LISIE BASSON

Lisie Basson is ’n trotse kunstenaar by Coleske Artists en is geteken net nadat sy aan Die Kontrak se tweede seisoen deelgeneem het waar sy top-4 gehaal het. 


Gebore en getoë in Pretoria, het Lisie op ’n vroeë ouderdom al besef sy wil sing en liedjies skryf. 


Haar eerste enkelsnit, #23 is in 2023 vrygestel en met meer as 1 miljoen strome, het sy veral ’n groot indruk op die jonger mark gemaak. Daar is opwindende dinge in die pyplyn, en Lisie is lank nie klaar nie.


Van die begin tot die einde was Die Kontrak 2 se ervaring ‘n hoogtepunt vir haar maar wat wel uitgestaan het is Lisie se mentor Karlien se menswees en lewenslesse. Sy het nooit vir haar gesê wat om te doen nie, maar haar gelos om haar eie ding te doen. Sy het slegs raad gegee en seker gemaak sy verander niks van haar en hoe sy haar goed doen nie, maar haar elke dag herinner dat daar net een van haar is en mense haar nie in ‘n rigting moet druk wat sy nie in wil wees nie.

Dit was vir haar spesiaal hoe almal haar omhels het met liefde en ervaring: Van Kaila wat haar grimering gedoen het, tot die kameramanne en die houseband waar sy iets geleer het van elkeen wat deel was van die projek. 


BESPREEK LISIE BASSON
Share by: