Monique Steyn

Monique Steyn

Sangeres

BESPREEK MONIQUE STEYN

Nadat Monique musiek by TUT studeer het, slaan sy die hoofrol in Richard Loring se “Girl Talk 2000” los. Kort na dit stel sy haar debuut titelsnit - ’n duet met Snotkop - Ek Val Vir Jou,vry. 


Dit skop haar professionele sangloopbaan af met twee Tempo-toekennings (Beste dans album en Beste musiek video) en ’n MK-toekenning. Vir Monique is haar tweede solo-album, Pienk Champagne, “die beste voorstelling van wie sy as kunstenaar is.” Sy voel dat haar loopbaan baie natuurlik verloop het en organies gegroei het sedert die vrystelling daarvan.


Haar nuutste album Mosaïek, is onder Coleske Artists vrygestel en haar kragtige enkelsnit Die Boom, besorg vir haar vir ’n Ghoema vir die mees gestroomde Afrikaanse lied van 2018.


Verder spog sy as “wentor” in die gewilde talentontwikkelings TV-reeks, Die Kontrak. Beide haar deelnemers, Demi Lee Moore en Samantha Leonard is in hulle onderskeidelike seisoene aangewys as wenners, en sedertdien het dié twee ongelooflike loopbane tot dusver gelei.


Sy is geen vreemdeling vir groot verhoë nie, en sy word jaar na jaar gesien by produksies soos Afrikaans is Groot en Lexus Pop Classics. Monique het ’n stem soos geen ander en sy is ’n ikoon in haar eie reg.




BESPREEK MONIQUE STEYN
Share by: