Riana Nel

Riana Nel

Sangeres

BESPREEK RIANA NEL

Met verskeie toekennings wat reeds aan haar toegeken is, het Riana Nel haarself diep in die Afrikaanse musiekbedryf as sangeres én liedjieskrywer gevestig.


Na drie gospel-albums stel dié Namibiër haar album, Die Moeite Werd, vry en haar enkelsnit Dans, word ’n treffer wat tot vandag toe nog by spesiale oomblikke soos troues die klankbaan is. 


Netso volg ’n string van haar liedjies op haar volgende drie albums, in Dans se sukses-voetspore. Timbuktu, Maak oop jou Oë, Weier, Soos die Son en Hou Die Hemel Oop, om maar net ’n paar te noem is van dié sangeres se grootste treffers.


Riana is ook verantwoordelik vir verskeie van haar kollegas se sukses, en spog ook met verskeie bekende duette. Ondermeer haar duet met Bobby van Jaarsveld, Eens in ’n Leeftyd en haar en Die Heuwels Fantasties se Doen Net Wat Ons Wil. ’n Verdere hoogtepunt vir Riana, is haar en Karen Zoid se weergawe van haar liedjie Timbuktu op dié sangeres se reeks: Republiek van Zoid Afrika en Die Seën, wat sy by 2022 se Afrikaans is Groot gesing het.


Nadat haar laaste album Sterker in 2019 uitgereik is, het sy meer onlangs opskudding gemaak met Wat Nou? en Ek Wonder, twee liedjies wat onderskeidelike uitblinkers was op die Afrikaanse Apple Music ranglys, nie eers gepraat van die boodskap agter beide van die treffers nie.


Met ’n loopbaan van twintig jaar plus, hou Riana aan om relevant te bly en liedjies te skryf wat beide harte steel en harte genees, en die toekoms (soos die hede) is blink vir dié sangeres.


Description Title

Write a description for this tab and include information that will interest site visitors. For example if you are using tabs to show different services write about what makes this service unique. If you are using tabs to display restaurant items write about what makes a specific dish particularly worthwhile or delicious.

Item Link
BESPREEK RIANA NEL
Share by: