Ruhan du Toit

Ruhan du Toit

Sanger

BESPREEK RUHAN DU TOIT

Ruhan du Toit, wat al ’n geruime tyd bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Sy uitdagende debuut enkelsnit “As jy dink jy weet” is genoeg om enigiemand se wenkbroue te laat lig, en sy jaarlikse Afrikaans is Groot-optrede sal vir ewig afgaan in geskiedenis as een van die hoogtepunte by dié prestige geleentheid. Veral “Monumentaal,” in 2022 en die “FAK - keurspel” in 2023.


Sy unieke vieroktaafstem en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse en Internasionale musiekliefhebbers verseker.


Die musikant, wat in Port-Elizabeth grootgeword het en tans in Pretoria woon, werk al sedert 1993 in die musiekbedryf en kon letterlik sing voordat hy behoorlik kon loop of praat. Op die ouderdom van tien, reik dié wonderkind sy eerste solo-album, Die Hemel Is (1994) uit. 



Sedertdien het hy gemiddeld 150 vertonings per jaar gedoen, rolle gehad in verskeie musiekblyspele en teaterproduksies, asook nog drie solo-albums, Mensekind (1995), I believe (1997) en Sal ek jou kom haal (2008), en twee duet-albums, Sound of Silence (2000) en Langpad (2006), saam met sy broer, Jeanré, opgeneem. 



Sy nuutste enkelsnit “Mag Ek Jou Laaste Wees,” is nou oral beskikbaar om te gaan luister.


  • In 2012 het hy aangesluit by die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, saam met wie hy reeds dertien suksesvolle albums  uitgebring het. The Sound of Silence se musiekvideo, wat hy ook as deel van dié duo uitgebring het, het groot sukses aanlyn bereik. Sedert die vrystelling in Junie 2016, is dit reeds deur meer as Ses miljoen mense op YouTube gekyk.
  • Vanjaar is hy reeds ses-en-twintig-jaar in die bedryf en om hierdie mylpaal in sy loopbaan te vier, gaan hy nou ook sy veelsydigheid as solo-kunstenaar ten toon stel. Ruhan het besluit dat dit tyd is vir iets nuut en opwindend en daarom gaan hy nou fokus op solo-vertonings, hy is dankbaar vir alles wat hy by Deon geleer het deur die jare en hy sal die kennis en lewenslesse toepas in sy solo loopbaan. “So lekker soos wat dit is om ’n verhoog te deel in ’n groep, is jy ietwat beperk oor hoeveel jy as mens van jouself kan deel sonder om selfsugtig voor te kom. Ruhan het nog altyd die gawe gehad om die meeste geleenthede te lees en iets vir almal in die gehoor te kon bied met ’n aarsenaal van oor die 500 liedere. Die nuwe vertonings gaan wissel tussen massiewe musikale verwerkings en naakte eenvoud, waar net sy stem en kitaarspel ten toongestel gaan word. Dit gaan ook vir hom ’n geleentheid bied om oorspronklike werke met aanhangers te deel.”
  • Ruhan werk ook die afgelope vier jaar nou saam met Coleske Artists en met groot opgewondenheid kondig ons graag sy Solo album “Monumentaal” aan.
  • Hierdie Monumentale oomblik is ń samevatting van 15 liedere met skrywers soos Johan Oberholzer, Riana Nel en vele meer. 

BESPREEK RUHAN DU TOIT
Share by: