Samantha Leonard

SAMANTHA LEONARD

Sangeres

BESPREEK SAMANTHA LEONARD

Samantha Leonard, die wenner van Die Kontrak se tweede seisoen en boorling van Kimberley se drome was nog altyd “larger than life.” Dié nagtegaal het al op 3-jarige ouderdom begin sing en tóé al, het sy geweet dit is wat sy met die res van haar lewe wil doen.


Dit was egter haar deelname aan die tweede seisoen van Die Kontrak, waar sy as wenner weggestap het, wat haar lewe verander het. Na Die Kontrak het Samantha haar album Net Een Keer vrygestel en die titelsnit daarvan het al meer as twee miljoen strome op digitale platforms. Sedertdien is Leonard gesien op van die grootste verhoë in Afrikaanse musiek, onderandere by Afrikaans is Groot, Lexus Pop Classics en die Groot Jol.


Samantha se nuutste enkelsnit Los My, is pas vrygestel en is oral beskikbaar om te

luister. Sy sien uit vir dit wat nog kom en om verder te toer met haar musiek.

Samantha se hoogtepunte tydens Die Kontrak: 


  • Die ontmoeting met Paulo Azevedo en sy raad aan haar. Hy’t gese: “99% van kunstenaars loop deur hierdie deure, maak musiek, maar het geen idee wat hul ware doel in die lewe is nie”. Dit het die vonk aan die brand gesteek.
  • Dat Monique Steyn haar Mentor was, juis omdat sy al as tiener na haar opgekyk het.
  • Die ontmoeting in die studio met Juan Floors Oosthuizen en Devereaux “Deedee” Van Der Hoven Oosthuizen.
  • Haar Top 16 mede-deelnemers en om hul op ‘n persoonlike vlak te leer ken.
  • The winner takes it all-optrede en die ander kant van Barry Pretorius, ‘n merkwaardige mens, wat sy gesien het.
  • Om die merkwaardige Arnold Coleske en sy onvoorwaardelike liefde te ervaar wat hy vir elke persoon, deelnemer en kunstenaar het.

Eerste enkelsnit: Net Een Keer

Eerste video: Net Een Keer


Ander snitte wat onlangs opgeneem is:


  • Jammer Vir Jou
  • Om Jou Te Vergeet
  • Gereed om weer seer te kry
  • Totaal En Al

BESPREEK SAMANTHA LEONARD
Share by: