Touch of Class

Touch of Class

Duetgroep

BESPREEK TOUCH OF CLASS

Die bekroonde duetgroep, Touch of Class, is in 1989 deur Deon van der Merwe en Ronell Erasmus gestig en spog vandag met verskeie albums op hul kerfstok. Hulle het groot opslae gemaak met die liedjie Ek en my Meisie waarvan die album met dieselfde titel ook platinumstatus bereik het.


Die unieke kombinasie van Deon van der Merwe met sy kitaarklanke en ’n sanger met ’n goue stem is die wenresep vir dié groep. 


Dusty Dixon is die nuwe lid van Touch of Class nadat die voormalige sanger, Ruhan du Toit, sy loopbaan as solo-kunstenaar aangegryp het. Ruhan was sedert 2012 deel van Touch of Class nadat Ronell op haar solo-loopbaan as Gospel-sangeres wou konsentreer. 


Hul toor met musiek vanuit ’n verskeidenheid genres, eras en musiekstyle. Oud én jonk vind aanklank by dié groep wat aanvanklik agtergrondmusiek vir kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz verskaf het. 


Hul nuutste vrystelling is die enkelsnit Stille Soldate wat die hartsnare roer as dit afskop met ’n eerlike vraag of die manne wat hul lewens op die grens verloor het dan vergete is. 


Stille Soldate, ook die titelsnit van dié duo se nuwe album, is ’n treffende ode aan almal wat op die grens gesneuwel het. Dit neem jou op ’n nostalgiese reis terug na die tyd toe 18-jarige jong seuns hartverskeurend deur geliefdes gegroet is om hul plig op die grens na te kom. 

  • SAMA-toekenning vir die kitaar-album, Hulde aan Ricardo Borman
  • Verskeie goue en platinum toekennings vir Touch of Class met Ronell Erasmus
  • Die platinum toekenning vir 100 Duisend Perde saam met Ruhan du Toit
  • Die staande ovasies vir elke keer wat Touch of Class The Sound of Silence op Classics en Afrikaans is Groot opgevoer het
  • ’n Besoek aan Nashville in 2018
  • Die verwelkoming van Dusty Dixon as nuwe sanger van Touch of Class
  • Die verwerking en video van die nuwe Touch of Class treffer Stille Soldate
  • Om deel te kon raak van Coleske Artists en Coleske Artist Management
  • Dat ek steeds op 58-jarige ouderdom saam met die jong generasie kunstenaars landwyd verhoë kan deel
  • Dat die Here my seën deur deurgaans nuwe deure vir my oopmaak waar die mat onder my verdwyn

BESPREEK TOUCH OF CLASS
Share by: