Vanes-Mari du Toit is geen vreemdeling nie.
Die sportster het bekendheid verwerf as nasionale en internasionale netbalspeler en het later ons harte gesteel met haar deelname aan Dancing With The Stars in 2018, waarvandaan dinge vir haar begin vlamvat het in die vermaaklikheidsbedryf.
In totaal, het sy 38 wedstryde vir die Spar Proteas tussen 2010 en 2018 gespeel, en 36 wedstryde vir die SA Fast5 Netbalspan tussen 2011 en 2015. In 2014 is sy gekroon as die "Overall Best Netball Player in Africa," waarna sy internasionale naamgemaak het en in Australië en Engeland se top ligas.
In 2018 verwelkom DSTV Multichoice haar by die familie en sedertdien het sy verskeie DSTV-leefstyl- en tydskrifprogramme op KyKNET en ViaTV aangebied, soos Kwêla, Hoor My Sien My Soen My, In Japan Ja, Die Groot Afskud, In Frans Ja, en nog vele meer. Sy is ook gereeld op musiekverhoë te sien waar sy haar skoene as seremoniemeester vol staan, soos by: Afrikaans is Groot, Afrikaans gaan Global, Walkerbay Buitegebeurtenisse, SA Sport Awards, BOXOP ens.
In 2023 het sy SuperSport verteenwoordig by die Rugby Wereldbeker in Frankryk en deesdae word sy geag as een van SuperSport se permanente aanbieders en vorm sy ook deel van hulle All Access Crew wat verantwoordelik is vir alle uitsendings.
Sy is ook die trotse eienaar van haar eie besigheid genaamd FitPocket wat vir vrouens van alle gaardes, sport-spesifieke- klere en onderklere maak. Dit gese, Vanes - Mari het nog altyd 'n groot passie vir vrouens en jong dames. Sy geniet dit om terug te ploeg in die jeug van vandag deur netbalwerkswinkels aan te bied en ook as motiveringsspreker, die meisies toe te spreek en te inspireer met haar storie, wat nie tot dusver 'n maklike een was nie, maar wel een wat verseker die moeite werd is.
Vanes - Mari sien uit om te sien wat die toekoms vir haar inhou.
Coleske Artists Management, Lombardy Business Park, Cnr Cole & Graham Roads, Pretoria, 0810