Blog Layout

Chris Steyn, oftewel Plakkies, nooi die ‘Plaas Dorp Toe’

Chris Steyn, beter bekend as Plakkies, het die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers verower toe hy as die wenner van die derde seisoen van Die Kontrak aangewys is. Hierdie twintigjarige musieksensasie het onmiddellik opslae gemaak met sy debuutsnit, kortspeler en musiekvideo, getiteld Helemal, wat die eerste posisie op Apple Music beklee het binne ure ná vrystelling. Nou is Chris terug met ’n splinternuwe dansliedjie.


Plaas Dorp Toe
, geskryf deur Chris met die hulp van Georic Lomas en Marco van Deventer van die musiekgroep ONS, is sopas uitgereik. “Dit gaan speels oor hardwerkende boere wat verdien om ook ’n bietjie te rus, so ek nooi hulle dorp toe vir ’n lekker kuier,” verduidelik Chris. 


Volgens Chris plaas die liedjie hom in ’n nuwe styl, en hy is opgewonde om te sien hoe die mense daarop gaan reageer. “Dit is ’n baie lekker ‘upbeat’ liedjie en ek dink die mense sal aanklank vind met die lekker ‘vibe’,” sê hy.


“Dit is wel ’n lekker kuier liedjie, vir almal, nie net die boere op hulle plase nie, maar ook vir die stadsjapies wat lus kry vir ’n lekker aandjie saam vriende,” voeg Chris by. “Die mense behoort dit by ’n braai of by ’n kuier te speel, met die klem op ’n lekker tyd.”


Die musiekvideo vir
Plaas Dorp Toe is in ’n yskoue Brits deur Conrad Theron en sy span by Atlas Media verfilm. “Ons het op die plaas Model Pak verfilm en al hulle boere was goedgunstig deel van die musiekvideo. Dit was vir my baie ‘cool’ gewees om hulle almal te ontmoet en stories te deel.”


Verder vertel Chris dat hierdie liedjie wat die boere ’n kuier-kans wil bied ook spesiaal is omdat hy voel die boere verdien ’n drankie. “Die boere werk baie hard om die kos wat ons eet in die winkels te kry en ons moet dankbaar wees vir hulle,” sê Chris.


Alhoewel Chris nog aan die begin van sy musiekloopbaan staan, is hy reeds een van die besigste kunstenaars in die bedryf, maar hy vat elke dag en geleentheid stap vir stap en nooit vanselfsprekend nie. Hy is veral opgewonde om weer by Afrikaans is Groot in November op te tree en hoop dat sy liedjies die luisteraars in ’n goeie bui kan sit en dat hulle sal kuier en dans op al sy musiek.




  • Plaas Dorp Toe is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.
LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 20 Februarie 2025
Ruhan du Toit kry die kuiers aan die gang met ‘Ek Hou Van’
Deur Coleske Artists 07 Februarie 2025
ONS en Rooksein se samewerking is ’n klankbaan vir ‘Stellies’
Deur Analda Breedt 24 Januarie 2025
Laurika Rauch groet met kortspeler, spesiale dokumentêr ‘Laurika se Tuiskoms’
MEER ARTIKELS
Share by: