- Afrikaans is Groot (AiG) en Jackpot City (JPC) kondig ’n opwindende vennootskap aan om unieke konsertervarings aan hul gehore te bied. As deel van hierdie samewerking, sal hulle binnekort ’n eksklusiewe Die Groot Wheel bekendstel, waar deelnemers die wiel kan draai om ongelooflike pryse te wen, insluitend die grootprys van R1 miljoen. Die vennootskap sal afskop met ’n ongelooflike ervaring vir 20 gelukkige konsertgangers by die opkomende Lexus POP Classics op 3 Augustus.
Afrikaans is Groot is trots om ’n opwindende vennootskap met die wêreldvermaak-handelsmerk Jackpot City aan te kondig, om onvergeetlike ervarings te skep vir gehore van Afrikaans is Groot, Lexus POP Classics en GrootFees.
“Ons gehoor het sedert 2012 hul lojale ondersteuning aan ons bewys, toe die eerste Afrikaans is Groot plaasgevind het, in 2016 toe Lexus POP Classics vir die eerste keer op die planke gebring is en met die GrootFees wat in 2019 in die Tuinroete begin het,” het die span agter Afrikaans is Groot gesê. “Ons het saam met ons gehoor gegroei om ’n familie te wees en waardeer elke ondersteuner. Hulle is die ware rede waarom ons doen wat ons doen en waarom ons vir hulle selfs meer wil bied deur middel van hierdie samewerking, wat BBP-ervarings soos agter-die-skerms toere, die geleentheid om AiG-sterre in persoon te ontmoet en premium-sitplekke te verseker… insluitend die kans om een miljoenrand in kontant te wen!”
Die bekendstelling van Die “Groot” Wheel
In samewerking met Jackpot City en AiG gaan Die “Groot” Wheel konsertgangers die geleentheid bied om hierdie wiel op Jackpot City se webblad te draai om die kans te staan om ongelooflike pryse, insluitend die groot prys van R1 miljoen te wen. Die “Groot” Wheel word later vanjaar bekendgestel.
“In ’n tyd waar uitdagings volop is, is die aankondiging van Jackpot City se belegging in die uitbreiding van Afrikaanse musiek en geleenthede met groot entoesiasme en dankbaarheid ontvang. Die inspuiting van ondersteuning kom op ’n kritieke oomblik en bied die gemeenskap ’n baken van hoop en moontlikhede. Wat werklik hierdie vennootskap laat uitstaan, is Jackpot City se begrip van musiek se kardinale rol in die vorming van die ryk landskap van Afrikaanse kultuur,” het Arnold Coleske, Hoof Uitvoerende Beampte van Coleske Artists Management, gesê.
“Hul [Jackpot City] onwrikbare toewyding tot die bewaring en bevordering van hierdie kulturele erfenis is prysenswaardig en inspirerend. Ons sien uit na ’n samewerking wat ongeëwenaarde ervarings beloof vir aanhangers, ondersteuners en kliënte. Saam staan ons gereed om ’n reeks innoverende inisiatiewe te onthul in die komende maande, wat lei tot die GrootFees in Desember 2024. Dit is die begin van ’n opwindende reis wat Afrikaanse musiek vier en ’n gevoel van gemeenskap en verbondenheid kweek. Met Jackpot City aan ons kant, is die moontlikhede eindeloos en die toekoms is helderder as ooit tevore,” het hy bygevoeg.
Meer oomblikke van wow!
“Ons vennootskap met Afrikaans is Groot verteenwoordig ’n samevloeiing van twee dinamiese wêrelde - die opwinding van weddery en die opwinding van musiek konserte,” sê Brandon Faber, Jackpot City se bemarkingsbestuurder. “Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie samewerking, wat ongetwyfeld die algehele ervaring vir beide ons spelers en die aanhangers van AiG sal verbeter.”
Die samewerking begin met die opkomende Lexus POP Classics op 3 Augustus, waar Jackpot City ’n buitengewone ervaring vir 20 gelukkige konsertgangers sal aanbied. Hierdie eksklusiewe ervaring, wat vanaf middel Junie tot die einde van Julie op die spel sal wees, sal geskenkpakkies met verrassings van die kunstenaars en borge insluit, ’n skemerkelkie-geleentheid met drankies en verversings. Hou ‘n oog op Lexus POP Classics en Afrikaans is Groot se sosiale media om meer hiervan tewete te kom.
Soos die opwinding opbou vir vanjaar se konserte kan konsertgangers gerus wees dat hulle vanjaar ’n groter, lekkerder en beter konsertervaring as ooit kan geniet, te danke aan die samewerking tussen Afrikaans is Groot en Jackpot City.
Coleske Artists Management, Lombardy Business Park, Cnr Cole & Graham Roads, Pretoria, 0810