Blog Layout

Bobby maak ons litte weer “lewendig” met nuwe liefdes-dansliedjie

Die geliefde Afrikaanse sanger, Bobby van Jaarsveld, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld Lief My Weer Lewendig. Hierdie liedjie, geskryf deur die talentvolle Johan Oberholzer, gaan oor die kragtige effek van liefde in ons lewens. Of dit nou jou man, vrou, kinders, of enige geliefde is, liefde het die mag om ons lewendig te maak.


Bobby hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang en dat hulle hulself kan inleef daarin. “Ek het lank terug ’n dansliedjie uitgebring en die mark is nogal lus vir ’n bietjie dans deesdae,” het Bobby bygevoeg.


Volgens Bobby is hierdie liedjie in ’n ander styl as sy vorige enkelsnit,
Verlore Seun, wat vroeër vanjaar uitgereik is. “Ek dink mense sal dit kan speel vir die persoon vir wie hulle lief is.”


“Vir my voel die liedjie ook geestelik, want ek kan die liedjie sing vir God. Sy liefde maak my weer lewendig oor en oor en oor so baie keer. Ek dink almal kan verstaan waaroor die liedjie gaan. Partykeer bevind ons onsself in donker, vreemde plekke, maar liefde bedek alles,” het Bobby gesê. “Ek hoop mense ook die storie agter die storie hoor, dat dit iemand se hart sal raak.”


’n Musiekvideo wat deur Gerduan Kemp verfilm is, is ook in die pyplyn, maar hieroor wil Bobby nie te veel verklap nie. Dié musiekvieo, wat nou ook op alle stroomdienste beskikbaar is, laat die kyker as’t ware voel of hulle ’n Bobby-vertoning in die gemak van hul sitkamers geniet. 


Almal weet reeds Bobby van Jaarsveld is nie net ’n sanger nie, maar ook ’n kranige akteur. Dit is dus baie opwindend dat hy ook vanaf 9 Augustus te sien sal wees in die sexy romantiese komedie
Eksie Perfeksie op Showmax, saam met ander sterre soos Pietie Beyers, Emma van Heyn, Sean van Noordwyk, en vele meer. “Ek geniet dit vreeslik om my lyf akteur te hou en ek is so dankbaar vir al die geleenthede wat oor my pad kom,” voeg hy by.


Met ’n loopbaan wat oor byna twee dekades strek, sê Bobby dat daar nie veel is om uit te sonder nie, behalwe die ongelooflike mense wat hy ontmoet het en die legendariese oomblikke wat hy beleef het. “Die groot hoogtepunte sal altyd die publiek wees wat na die shows toe kom en my ondersteun. Ná 20 jaar in die bedryf, sedert my eerste album, is ek steeds dankbaar vir elkeen wat my reis deel.”



  • Lief My Weer Lewendig is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 20 Februarie 2025
Ruhan du Toit kry die kuiers aan die gang met ‘Ek Hou Van’
Deur Coleske Artists 07 Februarie 2025
ONS en Rooksein se samewerking is ’n klankbaan vir ‘Stellies’
Deur Analda Breedt 24 Januarie 2025
Laurika Rauch groet met kortspeler, spesiale dokumentêr ‘Laurika se Tuiskoms’
MEER ARTIKELS
Share by: