Blog Layout

Dodo Nyoka sing oor ‘fairytale liefde’ in nuwe enkelsnit

In Julie vanjaar het Dodo Nyoka sy aanhangers op TikTok verras met ’n voorsmakie van sy nuutste liedjie, wat vinnig aandag getrek het. Sedertdien is dié video meer as 800 000 keer gekyk, met byna 60 000 “likes” en oor die 2000 kommentare. Nou is die volledige weergawe van Dancin' In The Stars – ’n unieke mengsel van country, African, en Afrikaanse popmusiek – beskikbaar op alle stroomdienste.


Dodo, wat bekend is vir sy treffers soos
Foto’s, Country Girl van Bloem en Frikkie vir ’n Rukkie, het self dié liedjie geskryf en beskryf dit as ’n nostalgiese reis deur ou liefde. “Ek hou baie van countrymusiek, en ek wou nog altyd ’n countryliedjie uitgereik het,” het Dodo verduidelik. “Ek het nooit gedink mense sou daarin belangstel nie, totdat ek ’n gedeelte van die liedjie op TikTok geplaas het, net vir die lekkerte.”


Die liedjie handel oor die magiese gevoel van ’n sprokiesverhouding – die tipe liefde wat mense laat voel asof hulle die wêreld kan ontsnap, net deur saam te dans. “Dis oor twee mense wat saam dans sonder om om te gee wie kyk of wat in die buitewêreld gebeur... wanneer hulle saam is, verlaat hulle hierdie wêreld,” sê Dodo.


Die inspirasie vir die liedjie het op ’n onverwagse manier ontstaan. “Ek het een oggend wakker geword en my kitaarspeler het ’n melodie in die ateljee gespeel. Ek het net by die ingang gestaan en geluister en toe begin die woorde uitspoel. Hy was geskok, want sonder dat ek dit geweet het, het ek sy eksmeisie en hul herinneringe beskryf,” deel Dodo oor die “magical oomblik” wat tot die liedjie gelei het.


Die musiekvideo vir
Dancin’ In The Stars sal binnekort op YouTube beskikbaar wees. Dit beeld die storie uit van ’n meisie wat haar hoop verloor het, totdat ’n cowboy haar na spesiale plekke neem om haar te wys dat daar meer in die lewe is as net die alledaagse gejaag. Wat hierdie musiekvideo nog meer spesiaal maak, is dat dit by The Almond Tree Children’s Village in Benoni verfilm is. 


Met
Dancin’ In The Stars betree Dodo ’n nuwe genre en stel hy sy eerste Engelse uitreiking vry sedert sy deelname aan Die Kontrak seisoen 2 in 2022. “Ek dink mense gaan dit geniet omdat dit ’n vars klank is. Ek wil hê mense moet nostalgies voel na hierdie een. Dit herinner ons daaraan om nooit op te gee op daardie ‘fairytale’ tipe liefde nie, want ware liefde bestaan nog.”


  • Dancin’ In The Stars is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 20 Februarie 2025
Ruhan du Toit kry die kuiers aan die gang met ‘Ek Hou Van’
Deur Coleske Artists 07 Februarie 2025
ONS en Rooksein se samewerking is ’n klankbaan vir ‘Stellies’
Deur Analda Breedt 24 Januarie 2025
Laurika Rauch groet met kortspeler, spesiale dokumentêr ‘Laurika se Tuiskoms’
MEER ARTIKELS
Share by: